Kom vier ons spesiale dag saam met ons

27ste Maart 2022

Ons Harte

Talja van As

‘n Liefde wat geen beperkings ken nie, geen voorwaardes dra nie. ‘n Liefde wat alles sal neerlê vir die een wat geliefd is.

Ek onthou ons eerste ontmoeting,
Ek onthou elke detail wat my maak dit bewonder het,
Ek onthou hoe ek al die pad terug van kerk met ons Hemelse Vader gepraat het oor hom,
gevra het oor hom, gewonder het oor hom.

Ek glo dat Oneindig is Sy karakter geopenbaar in ‘n verhouding wat Hom kies. En hoe dankbaar is ek nie dat Hy ons gekies het nie.

Jou liefde en ondersteuning maak my ‘n beter weergawe van myself. 

Om jou lief te kan hê — is ‘n voorreg.

Marius van der Merwe

Die oomblik toe ek haar sien, kon ek glimlag met die wete, hierdie is die Vrou wat God vir my bedoel het.

Van ons ontmoeting was dit bevestiging op bevestiging dat God se hand oor ons is, Hy het die seënings van die Hemel oop gemaak oor my lewe die oomblik toe sy in stap.

Ek nie anders as net floreer met Talja langs my sy.

Flowers

Belangrike Besonderhede

Hier is 'n paar belangrike besonderhede en versoeke vir die dag se feesvieringe

"Unplugged"

Ons vra asb dat almal vir die seremonie, heeltemal “unplug” en dat hul net saam met ons teenwoordig is.

Wat dra ek?

Heeltemal gesuit en getie is ‘n bietjie veel, so die kleredrag vir ons feesviering is semi-formeel.

Drankies

Daar sal ‘n kontant kroeg beskikbaar wees vir die wat wil.

Fotos

Ons vra dat geen selfone of kameras gedurende die seremonie en familie fotos gebruik word nie.

Ons talentvolle fotograaf is juis daar om seker te maak al die kosbare herinneringe word vasgevang (sonder ‘n iPhone in sig).

Geskenk Wenk

‘n Geldjie in die sak is beter as ‘n geskenkie op die rak.

Net soos ons harte, loop ons nessie omtrent oor,
dus is kontant blessings vir die “honeymoon” en huweliks huisie voor in die koor.

Rekening Besonderhede
BankCapitec
Tak kode470010
Rekening nommer1801140810

Sluit jy by ons fees aan?

Vul asb die vorm in met die nodige informasie om aan te dui of jy by ons fees viering sal kan aansluit.

Waar & Wanneer

Ons sien hartelik uit om die dag saam met jul te spandeer.

Die Verwelkoming

Die Seremonie

Die Fees